Verlenging van verlagings in brandstofheffings bemoeilik sake

Die verlenging in die verlaging van heffings vir die Padfonds Administrasie wek kommer. Die hoof uitvoerende beampte Ali Ipinge sê dit belemmer hul vermoë om hul mandaat, die befondsing van padinfrastruktuur en padbestuur, uit te voer. Die ministerie van myne en energie het die verlaging in die heffings onbepaald verleng om die brandstofprys laer te hou. Ipinge sê dit maak sake baie moeilik.