Trump se dokumente bevat kernkragvermoëns van ander land…

‘n Dokument wat ‘n buitelandse regering se militêre verdediging beskryf, insluitend sy kernkragvermoëns, is gevind in die FBI se soektog verlede maand by oud-president Donald Trump se huis in Florida. Amerikaanse media het nie die land geïdentifiseer nie, en ook nie aangedui of die land vriendelik of vyandig teenoor die VSA is nie. Die FBI meer as 11 000 regeringsdokumente en foto’s tydens sy soektog op 8 Augustus in Trump se Mar-a-Lago-landgoed gevind. Sommige van die dokumente is so beperk dat selfs die Biden-administrasie se mees senior nasionale veiligheidsamptenare nie gemagtig is om toegang te kry nie.