Verlate dadelplaas by Mariental in as 

‘n Verlate dadelplaas buite Mariental, wat vroeër die grootste bron van dadel-uitvoere in die land was, is in ‘n brand verwoes. Alle werksaamhede is reeds in 2019 deur die eienaars Octant Investment en Somnam Investment gestaak. Plaaslike inwoners het later dadels op die verlate plaas geoes en op straat verkoop. Dadels is meestal na die Verenigde Arabiese Emirate en Suid-Afrika uitgevoer en ook plaaslik verkoop. Die onderneming het destyds 20 permanente werkers en sowat 100 seisoenale werknemers in diens geneem.