DA: Hospitale moet van kragonderbrekings vrygestel word


 Die DA in Limpopo versoek die LUR vir gesondheid, Phophi Ramathuba, om die proses om nog hospitale van kragonderbrekings vry te stel om lewens te red, te bespoedig. Volgens ʼn woordvoerder van die party, Risham Maharaj, is die vrystelling van slegs tersiêre en distrikshospitale ‘n waagstuk met pasiënte, weens die provinsie se uitdagings wat reeds oor jare kom. Volgens Maharaj skep die beleid om pasiënte per ambulans na ander hospitale met elektrisiteit te vervoer, nuwe uitdagings weens onvoldoende ambulanse en swak paaie.