Action SA gaan reageer op koalisieregering van Jozi

ActionSA gaan vandag die media toespreek oor wat verlede week agter die skerms gebeur het toe die Johannesburgse veelparty-regering ineengestort het. Dit volg nadat Colleen Makhubele van Cope as speaker van die raad verkies en die DA-burgemeester, Mpho Phalatse, uit die kussings gelig is. ActionSA se woordvoerder, Samkelo Mgobozi, sê daar is baie vals inligting in omloop oor die omstandighede wat tot verlede week se gebeure aanleiding gegee het.