Verkrying vir Covid kan nie net vir swart besighede wees nie

Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria sal vandag AfriForum se aansoek teen die Minister van Finansies, Tito Mboweni aanhoor. Die organisasie doen aansoek vir ‘n bevel dat die minister sy oordeel sal gebruik ten opsigte van Artikel 3 van die Wet op die Beleidsraamwerk vir Voorkeurverkryging. Ernst van Zyl van AfriForum sê dit is om alle staatsinstellings wat goedere en dienste rakende die Covid-19-inentingsprogram aankoop en verkoop, vry te stel van alle vereistes van swart ekonomiese bemagtiging: