Ligte sal af wees vanaand…

Eskom het beurtkrag vir die dag opgeskort danksy ‘n verhoogde lewering van elektrisiteit aan die netwerk. Tegniese spanne van die kragvoorsiener het die afgelope 24 uur sewe opwekkingseenhede weer aan die netwerk gekoppel na dit onklaar geraak het. Eskom se Woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die kragvoorraad is egter nog nie voldoende om aan vanaand se hoër vraag te voorsien nie. Fase 2-beurtkrag sal daarom weer van vanmiddag 5-uur tot 10-uur vanaand ingestel word: