Verkragtings neem toe in Omusati

Daar is kommer oor toenemende voorvalle van verkragtings in die Omusati-streek. Gedurende Januarie en Februarie vanjaar het gevalle verdubbel. Daar is 18 aangeteken teenoor nege in dieselfde tydperk verlede jaar. Die Nampol streeksbevelvoerder Titus Shikongo sê onder die 18 gevalle is een verdagte ‘n vrou wat ‘n minderjarige seuntjie verkrag het. Verkragtings kom algemeen in Namibië voor en verlede jaar het die Namibiese polisie gesê daar was 690 gevalle tussen Januarie en Augustus. Dit werk uit tot net minder as drie verkragtings daagliks.