Verkragter kry 20 jaar

Otjiwarongo-landdros Marilize du Plessis het in die streekshof ‘n 20-jaar vonnis opgelê aan Nandago Araeb vir die verkragting van ‘n nege-jarige meisie in Desember 2016. Tydens die verhoor het dit aan die lig gekom dat hy die meisie, wat gestuur is om brood en botter te koop, by ‘n winkel genader het. Hy het haar vertel sy moet saam met hom gaan omdat hy haar ma 400 dollar skuld en hy wou die geld vir haar gee. Na hy haar verkrag het, het hy het haar beveel om huis toe te gaan en te stort,en om stil te bly. Verkragting is algemeen in Namibië met meer as 700 gevalle wat tussen Januarie en Augustus verlede jaar aangemeld is, amper drie daagliks en kenners meen dat net ‘n derde van gevalle gerapporteer word.