Twitter keer hard teen Musk

So aanloklik soos toegang tot Elon Musk se rykdom ook al is, is Twitter nie gretig om beheer te word deur ‘n miljardêr wat daarvoor bekend is dat hy wispelturig is met met min agting vir die gevolge nie. Twitter werp op die oomblik alles in die stryd om te keer dat die Tesla-baas die platform oorkoop. Sommige sê Musk is in wese ‘n outokraat en sy vorm van libertarisme het ‘n tikkie verregse politiek. Musk, die wêreld se rykste persoon en self ‘n omstrede en gereelde gebruiker van Twitter, het vroeër vandeesmaand ‘n ongevraagde aanbod van 43 miljard Amerikaanse dollar vir die sosiale media-netwerk gemaak, en beter vryheid van spraak as motivering genoem.