TransNamib verwelkom beoogde begroting vir spoorlyn

Die hoof uitvoerende beampte van TransNamib, Johny Smith, het gereageer op die aanmerkings deur die vervoerminister John Mutorwa, dat 1 miljard Namibiese dollar nodig is vir die opknapping van spoorlyne sowel as die vestiging van nuwe lyne in die land. Smith sê dit sal baie bydra tot die land se ekonomiese groei en ook die vragmotors op die land se paaie verminder wat weer druk op daardie infrastruktuur sal verlig.