Verkoop van Safari Hotel goedgekeur

Die Namibiese Mededingingskommissie het die verkoop van die Safari Hotel en Konferensiesentrum goedgekeur. Kasada Capital Management, ‘n internasionale beleggingsgroep wat veral in die gasvryheidsektor in Afrika suid van die Sahara belê, is in Mauritius gesetel en het nie die aankoopprys van die hotel bekend gemaak nie. Kasada het vroeër gesê meer as 100 miljoen Amerikaanse doller sal in die hotel belê word en ‘n verdere 150 werksgeleenthede sal geskep word. Rodrigo Pimenta, ‘n voormalige direkteur van die hotel het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die koop toon vertroue in die land se toerismesektor.