Townships se ekonomie gaan swaar kry na geweld

Die buurland se politieke ontleder, Daniel Silke, sê gewelddadige protesoptrede in dele van Suid-Afrika is ‘n groot terugslag vir die township-ekonomie wat nog jare gaan voortduur. Wydverspreide protesoptrede het ontaard in winkels en vragmotors wat in dele van KwaZulu-Natal en Gauteng geplunder en aan die brand gesteek is. Silke sê sakeondernemings in townships was ‘n noodsaaklike werkskepper en het dit makliker vir mense gemaak om hulle inkopies te doen. Hy voeg by dit is nie slegs die groot nasionale kleinhandelkettings wat hulle gaan onttrek nie, maar ook kleiner handelaars: