Verkoop van olifante staan stil

Die verkoop van 170 Namibiese olifante is tans in limbo al het die Ministerie van Omgewingsake 5 aanbiedinge ontvang. Die ministerie hoop om ten minste 13 miljoen Namibiese doller uit die verkoop van die diere te maak. Plaaslike media berig dat die Uitvoerende Direkteur in die ministerie Colgar Sikopo bevestig het dat belangstelling in die diere wyer as die SAOG-streek strek. Die Woordvoerder van die Ministerie Romeo Muyunda sê die vertraging in die verkoop van die diere, wat reeds in Desember aangebied is, is omdat die bepalings van die koopkontrakte nog nie ooreengekom is nie. Die olifante is vanuit die noordweste en noordooste van die land waar toenemende konflik met die diere plaasvind.