Nored loop deur onder koperdiefstal

Nored, wat elektrisiteit in die Noorde van die land versprei, het sy kommer uitgespreek oor wat hy beskryf as toenemende koperdiefstal van sy krag instellings. Die maatskappy se Woordvoerder Simon Lukas sê koperdiefstal het ‘n alledaagse ding geword met Kunene, Oshana, Omusati, Oshikoto en Ohangwena wat die meeste deurloop. Lukas sê die skade beloop meer as 3 miljoen doller, sonder die verlies aan inkomste. Verskeie maatreëls is deur Nored geïmplementeer om die diefstal te voorkom.