43 000 dosisse AZ-entstof op pad

‘n Beraamde 43 000 dosisse AstraZeneca-entstowwe van Covax is gereed vir verskeping na Namibië die oomblik wanneer goedkeuring van die Namibiese Medisynebeheerraad verkry word. Daar word verwag die goedkeuring sal vandag gefinaliseer word. Volgens die hoof van die taakspan vir Namibië se immuniseringsveldtog teen Covid-19, Petronella Masabane, word die besending van die vervaardiger Catalent Anagni in Italië verwag. Sy sê bestellings vir Sputnik V en Johnson & Johnson is ook reeds geplaas en daar word op terugvoering gewag. Tekorte is in verskeie plekke regoor die land aangemeld maar, Masabane sê voorraad is reeds herontplooi.