Veediefstal neem toe in Kunene-droogte

Die Kunene-streek het die ergste droë periodes die afgelope dekade beleef, wat tot veeverliese van meer as 90 persent gelei het. Dit het ook ‘n styging in veediefstal tot gevolg gehad, na bewering omdat sommige boere hulle kuddes so wil aanvul. As gevolg van hierdie verliese is die meeste boere nou uitgelewer aan die regering se voedsel- en droogtebystandsprogramme. Dudu Murorua, voormalige goewerneur van die Kunene-streek, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dit is ‘n ernstige probleem. Hy eis dat daar na dié boere geluister word.