Dairies verhoog pryse, bring verligting aan produsente

Na vyf jaar van geen prysverhogings vir produsente nie, het Namibia Dairies ‘n 8 persent, of 44 sent per liter, verhoging in pryse wat reeds op 15 Oktober in werking getree het, aangekondig. Volgens die Namibiese Landbou-unie het produsente reeds in Julie ‘n beroep op die suiwel-reus gedoen om pryse op te stoot. Plaaslike produksie is op ‘n laagtepunt met net nege produsente wat oorbly. Insetkostes beslaan 80 persent van produksiekostes en terwyl die verhoging verwelkom is, bly dit moeilik om winsgewend te wees. Volgens die NLU is dit van kardinale belang om die plaaslike bedryf te beskerm en daarom is die afwagting groot vir die inskrywing van suiwel vir beskerming binne die Vleisraad wetgewing.