Verkeerspolisie is noodsaaklike diens, moet prioriteit geniet

Die DA in die Noord-Kaap vra dat verkeersdienste in die Magareng-munisipaliteit geprioritiseer word. Volgens hom het verkeersdienste in die munisipaliteit tot stilstand gekom terwyl padongelukke, veral op die berugte N12, waar mense baie vinnig ry, net meer word. ʼn Woordvoerder van die DA, Deidre Watson, sê die versuim om die funksie deur die verkeerspolisie as ʼn noodsaaklike diens te beskou, laat padgebruikers in die steek en plaas mense se lewens op die spel: