Rade moet grond aan NHE beskikbaar stel

Die raad voorsitter van die Nasionale Behuisingsonderneming Sam Shivute het ‘n beroep op dorpsrade gedoen om grond aan hom beskikbaar te stel sodat hy die agterstand van 300 000 huise kan aanspreek. Volgens Shivute is daar reeds bewys dat wanneer grond wel aan die onderneming toegeken is, dan word daar onmiddellik huise opgerig. In die vorige boekjaar is daar 461 huise in nege dorpe regoor die land gebou teen ‘n waarde van 135,5 miljoen Namibiese dollar wat die gemiddelde prys op 294 000 dollar per huis plaas. Shivute voeg by daar is uitdagings met sommige dorpsrade wat grond teen ‘n uiters hoë koste beskikbaar stel en dan met die koste van die diens van die erwe is dit onmoontlik om bekostigbare huise te bou.