Robot-valk keer voëls op lughawe

Navorsers het ‘n kunsmatige valk ontwerp om swerms voëls uitmekaar te jaag en botsings met vliegtuie te voorkom. Hierdie voorvalle kos die internasionale lugvaartbedryf jaarliks meer as 18,3 miljard Namibiese dollar. ‘n Span wat saamwerk met die Universiteit van Groningen in Nederland, het die kunsmatige roofvoël ontwikkel, geïnspireer deur die vinnigste voël op aarde, die swerfvalk. Toetse toon die RobotFalcon het alle swerms binne vyf minute ná lansering suksesvol afgeskrik. Dit lyk so eg dat voëls ná drie maande steeds afgeskrik is.