Verkeersopeenhoping by Beitbrug-grenspos verlig

Limpopo se departement vervoer sê hy is besig om planne in werking te stel om die verkeersopeenhoping by die Beitbrug-grenspos te verlig. Die verkeer is besig om af te neem en daar is beweging op die pad. Woordvoerder Mike Maringa sê verkeers- en wetstoepassings-amptenare hou die situasie dop. Daar is ‘n plek buite Musina waar motoriste eers moet stilhou en wag. Maringa sê motors en vragmotors word in groepe deurgelaat.