Reën vir môre vir Noordooste, Ooste voorspel

Die Namibiese Metereologiese Dienste voorspel vir môre reën vir die noordooste en ooste van Namibië. Die reën sal verder uitbrei oor die sentrale dele. Swaar buie van tot 50 millimeter word vir die suidoostelike dele van die land vir Donderdag verwag, sê weervoorspeller Odillo Kgobetsi.