MTC stuur Vax Up 081-veldtog van stapel

MTC het vandag ‘n nuwe veldtog, Vax Up 081, van stapel gestuur om die gesondheidsministerie te help om hul teiken te bereik om 60 persent van die bevolking voor die einde van die jaar in te ent. Die veldtog skop Donderdag af en sal help om Namibiërs besprekings vir inentings te maak waar ookal hulle is. Tim Ekandjo, MTC se hoof van korporatiewe sake, sê mense hoef dan nie in lang rye te wag by inentingsentrums nie.

Hy het gesê MTC sal sowat 12 miljoen Namibiese dollar tydens die veldtog aan belonings bestee.