Verkeersboetes by Namibiese kus ruk sakke  

Vakansiegangers het die feestyd na die Namibiese kus gestroom, maar motoriste wat nie die padreëls gehoorsaam het nie, moes opdok. Verkeersboetes van sowat 1,45 miljoen Namibiese dollar is dié feesseisoen aan die kus uitgereik. Volgens die waarnemende hoof-verkeersbeampte van die Walvisbaaise munisipaliteit, Clifton Jacobs, is meer as 400 verkeersboetes uitgereik, waarvan 44 vir die bestuur onder die invloed van alkohol was. Dronkbestuurders se boetes beloop 352 000 dollar. Sowat 25 voertuie is as onpadvaardig verklaar.