Drie Namibiese vroue haal Afrika-lys van invloedrykes

Die Namibiese Presidentsvrou en sakevrou in eie reg, Monica Geingos, die hoof van die oogkunde-departement van die Windhoek Sentrale Hospitaal, dr. Helena Ndume, en die uitvoerende hoof van die Motorvoertuig-ongelukkefonds, Rosalia Martins-Hausiku, is aangewys as van die 100 invloedrykste mense in Afrika vir 2023. Reputation Poll International se lys is saamgestel deur die wêreldwye reputasiefirma. Dit bevat individue uit diverse sektore, insluitend bestuur, vermaak, menseregte, onderwys en besigheid. Hulle is gekies op grond integriteit, sigbaarheid en impak.