Ramaphosa se jeuginisiatief kom tot ‘n einde

Die Suid-Afrikaanse Departement van Basiese Onderwys het bevestig dat die Presidensiële Jeug-indiensnemingsinisiatief wat deur die basiese onderwyssektor ingestel is, vandag tot ‘n einde kom. Die program, wat in Desember verlede jaar begin het, was aanvanklik vir ‘n tydperk van vier maande, maar is met een maand verleng tot die einde van hierdie maand. Die departement se Woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê die sektor het vir meer as 320 000 onderwys- en algemene onderwysassistente werksgeleenthede geskep, en hul is in skole regoor die land geplaas: