Verhongerde woestynleeus in Hoanibrivier gemonitor

‘n Groep woestynaangepaste leeus in die Hoanibrivier kry tans baie swaar, sê Izak Smit van die Desert Lions Human Relations Aid. Hy sê beamptes van die omgewingsministerie is tans besig om ondersoek in te stel. Die leeus vrek weens hongersnood, want prooi is skaars op die oomblik. Smit sê die leeus kan waarskynlik tydelik verskuif word. Smit het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die situasie word tans gemonitor.