Verhoging van winsmarge vir vulstasies ‘stap in die regte rigting’

Met die aankondiging van die Namibiese brandstofprys wat vir Augustus onveranderd is, het die ministerie van myne en energie ook die winsmarge vir vulstasies met 50 sent opwaarts aangepas na 163 sent per liter. Die vereniging wat die eienaars verteenwoordig, bekend as Fafa, het die afgelope tyd die nuus gehaal presies oor eise vir ‘n verhoging. Verskeie vergaderings is in die verband gehou. Fafa se voorsitter Hennie Krüger, sê dit is ‘n stap in die regte rigting.