NEFF-2 hoor op 22 Augustus oor appèl

Hoërhofregters Christie Liebenberg en Boas Usiku sal op 22 Augustus uitspraak lewer in die appèlsaak teen die weiering van borg vir Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma in die Katutura-landdroshof. Die staat staan die aansoek teen. Hulle is in aanhouding sedert hulle arrestasie op 12 en 13 Mei en staar ernstige klagtes wat openbare geweld, aanhitsing tot geweld en meer insluit. Die twee se prokureur Khadila Amoomo het met die media buite die hof gepraat.