Verhittingstelsels in yskoue Kiëf herstel

Oekraïnse hoofstad Kiëf se bibberende inwoners kan ’n sug van verligting slaak nadat die verhittingstelsel vandag na wonings herstel is. Russiese missiel-aanvalle het ook dié infrastruktuur beskadig. Die burgemeester van Kiëf Vitali Klitschko sê die stad is besig om al dié dienste ná die jongste aanvalle te herstel. Hy sê al die bronne van verhitting werk weer soos normaal. Dis tans vriesend koud dwarsoor Oekraïne met temperature wat vandag in Kiëf tot minus ses grade Celsius gedaal het waar sowat drie miljoen mense woon.