Proteas stomgeslaan terwyl Aussies geskiedenis maak

Krieket: Australië het vandag geskiedenis gemaak deur Suid-Afrika binne twee dae in die eerste toets in Brisbane te klop. Die gashere het met ses paaltjies gewen. Die Proteas is in hul eerste beurt vir 152 uitgeboul. Australië het met 218 geantwoord. Daarna is Suid-Afrika vir slegs 99 uitgehaal en die Aussies het met 35 vir vier opgevolg. Volgens berigte gaan die volgende drie krieketvrye dae gewy word aan ‘n ondersoek oor hoekom dit so moeilik vir die Proteas was om op die Gabba te kolf.