DA bekommerd oor psigiatriese pasiënte by Tembisa-hospitaal

Die DA in Gauteng sê gesondheidspersoneel by die Tembisa-hospitaal in Ekurhuleni moet in ‘n gunstige omgewing werk waar daar voldoende voorrade is. Dit volg na beeldmateriaal op sosiale media versprei is van psigiatriese pasiënte wat op die vloer slaap. Die hospitaal sê bedtekorte is ‘n ernstige probleem. Maar Refiloe Nt’sekhe van die DA sê om die Kempton-hospitaal in fases te open is steeds die maklikste uitweg om die probleem van oorvol sale by Tembisa op te los.