Verenigde Kampioenskap-reeks bly uitdaging vir sommige Suid-Afrikaanse spanne

Rugby: Die Sharks het weer ‘n nederlaag in die Verenigde Kampioenskap gely toe die Cardiff Blues hulle gisteraand met 23-17 by Cardiff Arms Park in Wallis geklop het. Die Bulls was ook ongelukkig en het met 17-10 teen Edinburgh in Skotland vasgeval. Die Lions is Vrydagaand ook weer verslaan toe die Ierse span Ulster hulle met 26-10 geklop het. Die Stormers het hulle eerste oorwinning behaal toe hulle die Dragons in Newport, Wallis, met 24-10 die loef afgesteek het.