Johannesburg kry datasentrumkampus

Johannesburg gaan ‘n datasentrumkampus van 15-miljard-rand kry, die eerste ooit in Afrika. Die 80-megawatt-kampus van Vantage Data Centres sal in Waterfall City gebou word en uit drie fasiliteite bestaan. Fase een behoort teen die derde kwartaal van 2022 voltooi te wees. Die kampus sal 60-duisend vierkante meter data-ruimte insluit wat dit die grootste op die vasteland maak. Die president van Vantage EMEA, Antoine Boniface, sê Johannesburg is weens sy strategiese ligging die datasentrum-middelpunt vir Afrika suid van die Sahara.