Die produktiwiteits week begin Maandag

Die Namibiese arbeidsministerie gaan môre die produktiwiteits week met die tema ” A Healthy Nation is a Productive Nation“ in die hoofstad bekendstel. Die week begin môre en duur tot 22 Oktober. Die doel van die week is om produktiwiteit ten opsigte van gesondheid te belig ,en terselfdertyd om waardering vir alle werkers in gesondheidsorg vir hulle toewyding tydens die uitdagende tyd van die Covid-pandemie te betuig. Verskeie relevante aktiwiteite gaan ook tydens die week aangebied word.