Vereer ‘n Afrikaanse onderwyser

Netwerk Namibië wil graag Afrikaanse onderwysers vereer wat ‘n rolmodel vir kinders is. Netwerk Namibië bied weer ‘n kompetisie aan om dankie te sê aan ‘n Afrikaanssprekende onderwyser wat die grootste invloed op jou lewe gehad het, of steeds het. Jy staan ‘n kans om ‘n kontantprys van 1 000 Namibiese dollar of ‘n geskenkbewys van 500 dollar los te slaan. Die sluitingsdatum is 15 November. Elizma Theron verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe om vir die kompetisie in te skryf.