Soektog na gesin in Kalifornië eindig in tragedie

Die angstige soektog na vier familielede wat Maandag in Kalifornië ontvoer is, het hartseer geëindig toe hul liggame in ‘n boord in die San Joaquin-vallei gevind is. Jasleen Kaur, haar man Jasdeep Singh, hulle agt maande-oue dogtertjie, Aroohi Dhere, en Jasdeep se broer, Amandeep, is by die gesin se sake-onderneming in Merced met vuurwapens gedreig en ontvoer. Amandeep se brandende voertuig is later gekry en ‘n boer het een van die slagoffers se selfoon in ‘n straat in ‘n nabygeleë dorp gevind. Die polisie vermoed die motief vir die moorde was finansieel van aard.