SA lei 6 000 vroue in tenderprosesse

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê die regering het byna 6 000 sakeondernemings in vroue-besit opgelei om vir tenderprosesse te kwalifiseer. Die regering se teiken is om 10 000 sakeondernemings in vroue-besit toe te rus. Ramaphosa sê die regering is daartoe verbind om die beskikbare beleids- en wetlike hulpmiddels tot sy beskikking te gebruik, soos diensbillikheids-wetgewing en wette wat diskriminasie verbied. Hy sê dit is om vroue se verteenwoordiging in uitvoerende leierskap te verbeter en aandag te gee aan die vergoedings-gaping tussen die geslagte.