Verdoemende verslag oor China se behandeling van Uighurs

‘n Verslag deur die Verenigde Nasies het geloofwaardige bewyse van die marteling van Uighur-moslems in China se Xinjian-provinsie ontdek wat moontlik neerkom op misdade teen die mensdom. China het die afgelope vyf jaar sowat vyf-miljoen Uighurs en ander minderheidsgroepe in interneringskampe geprop wat hulle opleidingsentrums noem. Die verslag in opdrag van die VN se Kantoor van die Hoë Kommissaris vir Menseregte, beskuldig China van vae nasionale sekerheidswette om toe te slaan op die regte van minderhede. Die Chinese regering verwerp die verslag en sê dis ‘n smeerveldtog teen dié land.