Verdere vertragings met vliegtuigbrandstof by Kaapstad-lughawe

Die Lughawensmaatskappy Suid-Afrika, Acsa, waarsku voortgesette druk op voorrade van vliegtuigbrandstof by die Kaapstad Internasionale Lughawe kan vlugskedules beïnvloed. ‘n Verslag van brandstofverskaffers toon verdere vertragings in die lewering van vliegtuigbrandstof aan die lughawe. Lugrederye is versoek om tegniese stilhouplekke te gebruik om brandstof in te neem. Passasiers word versoek om voortdurend ʼn ogie op verwikkelinge te hou. Acsa sê hy sal steeds met lugdienste saamwerk om die impak op vlugbedrywighede te beperk.