Oekraïnse hoof van kernkragsentrale steeds skoonveld

Die staatskern-reguleerder van Oekraïne, Enerhoatom, sê Russiese troepe hou die direkteur van die land se Zaporizhzhia-kernkragsentrale aan. Ihor Murashov is onderskep toe hy Vrydagmiddag in sy motor van die instelling af op pad was. Hy is geblinddoek en is glo na ‘n gevangenis in Enerhodar geneem. Rusland het nog nie kommentaar gelewer oor die aangeleentheid nie. Moskou het in Maart beslag gelê op Europa se grootste kernkragaanleg en sy Oekraïnse personeel behou.