Beurtkrag het impak op SAOG-streek

Sedert die jaar 2007 het Suid-Afrika verskeie tydperke van beurtkrag beleef, aangesien die land se vraag na kragvoorsiening sy vermoë, veral Eskom se vermoë, oorskry het. Beurtkrag het egter nie net ‘n impak op Suid-Afrika nie, maar in realiteit raak dit die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap-streek op een of ander manier. FP du Toit Transport se uitvoerende hoof, Stefan Terblanche, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe die kragkrisis in Suid-Afrika die vervoerbedryf raak.