Verdediging in Wasserfall-saak is gereed vir verhoor

Prokureurs vir Azaan Madisia en Junior Mulundu, wat daarvan aangekla word dat hulle Shannon Wasserfall in 2020 vermoor het, het vanoggend aangedui dat hulle gereed is vir die verhoor om te begin. Regter Christie Liebenberg het die saak tot 24 Augustus uitgestel sodat verhoordatums vasgestel kan word. Madisia en Mulundu is beide steeds in aanhouding. Wasserfall het op 10 April 2020 vanaf Kuisebmond vermis geraak. Haar oorskot is op 6 Oktober in ‘n vlak graf in Walvisbaai gevind.