Agt lokomotiewe met 120 tenkwaens staan op Otji, werkers staak

Sowat agt lokomotiewe wat aan 120 tenkwaens gehaak is met vrag soos sement, swaelsuur, petrol en diesel, wat vir verskeie plekke bestem is, by die Otjiwarongo-spoorwegstasie geparkeer. Ongeveer 60 werknemers van TransNamib staak op die oomblik op die dorp. Hul verteenwoordiger, Simon Ketonge, sê hulle eis ‘n salarisverhoging van 7 persent, met 11 persent op behuising en 500 dollar op vervoertoelae. Personeellede by die stasie sluit onder meer in treindrywers, beheerders, hyskraanoperateurs vir die op- en aflaai van goedere, rangeerders wat die veldoperateurs by die stasie is, kommunikasie-koördineerders, tegnici en verskeie elektrisiëns. TransNamib het dit by baie geleenthede duidelik gemaak dat hy nie in ‘n finansiële posisie is om aan die looneise te voldoen nie, en dus is die bestuur steeds oop vir enige verdere besprekings.