‘Verdagtes is bekend aan ons’ … Is howe los met borg?

Die afgelope maand het Namibië ‘n groot aantal rooftogte, diefstal en ander misdade aangeteken. In baie gevalle is hierdie oortreders wat voortvlugtig is, bekend aan die polisie. Hulle is dikwels gewoontemisdadigers en die meeste van hulle is op borgtog vrygelaat. Kosmos 94.1 Nuus het met Toni Hancox, die direkteur by die Regshulpsentrum, gepraat om uit te vind of ons howe strenger moet wees rakende die vrylating van verdagtes op borgtog. Hancox het haar antwoord só verwoord.