Minder bankskuld op die week se mosiehofrol

Daar was vanoggend 115 aansoeke vir verstekvonnisse in die mosiehof in die hoofstad. Ses was reël 108 aansoeke. Kommersiële banke het 49 aansoeke gebring in die sessies wat deur regters Orben Sibeya and Shafimana Ueitele hanteer is. Daar is 29 lenings met ‘n uitstaande waarde van amper 15 miljoen Namibiese dollar sowel as 19 eiendomme met skuld van 29,1 miljoen dollar wat opgeëis is. Een voertuig moet terugbesorg word. In Maandag se sessie hanteer regter Collins Parker 42 onverdedigde egskeidings.