Verdagte in gru-moord verskyn weer op Rundu

Die 35-jarige man wat daarvan aangekla is dat hy sy lewensmaat vermoor het sal weer vandag in die Rundu-landdroshof verskyn. Na hy op 3 Augustus gearresteer is, is Christian Kudumo borg geweier. Sy lewensmaat, die 31-jarige Adeline Chikalu is die vorige dag in ‘n plas bloed by die Sun City informele nedersetting gevind. Sy saak is tot vandag toe uitgestel vir die polisie om verdere ondersoek in te stel.