Namibiërs in Botswana-tronke haal parlementsbespreking

Die Nasionale Vergadering bespreek ‘n moontlike memorandum van verstandhouding tussen Namibië en Botswana oor arrestasies van landsburgers in die twee lande. Elma Dienda, die PDM se hoofsweep in die Nasionale Vergadering sê Namibiese gevangenes in Botswana het die reg om behandel te word volgens die voorskrifte van die Namibiese grondwet en indien nie, moet hulle die reg hê om aansoek te doen om hulle vonnisse plaaslik uit te dien. Dienda sê in die Nasionale Vergadering dat lede moet onthou dat Botswana die doodstraf het en ook, ‘n skiet-op-sig-beleid in sy nasionale parke.