Verbruikersregte kry voorkeur – Ipumbu 

Die Namibiese handelsminister Lucia Ipumbu het op Rundu die eerste openbare byeenkoms gehou in verband met die drankwet en verbruikersbeskerming. Volgens Ipumbu is die nasionale beleid vir verbruikersbeskerming, wat tot 2025 duur, van stapel gestuur om ‘n raamwerk te ontwikkel vir regverdige handel en om uitbuiting te beperk. Onregverdige bemarking en ander praktyke kom ook onder die loep in die beleid. Sy sê ‘n nasionale kantoor vir die beskerming van verbruikers is in haar ministerie gevestig en werk saam met rolspeler, belanghebbendes en lede van die publiek om klagtes aan te spreek. In verband met die drankwet, word samesprekings gehou om die wetgewing beter te bestuur.